Mom Mulder’s visit to Pommie Land
 
Nou ja, na 'n dag se ophoud het ons toe eers so 10:00nm Donderdag aand gearriveer. Ons het baie lekker gevlieg in die Boeiing 747-400, wat 377 passasiers neem, maar nie vol was nie. Met die opstyg het on so 370 km/h gery toe die wiele die grond verlaat. Ons is teen so 740 km/h deur die wolke gegaan, het daarna heeltyd teen so 908km/h gevlieg.
Ma het lekker na die Monsters Inc fliek gekyk en ek het speletjies gespeel. Ons het altwee beesvleis vir middag-ete gehad en vir aandete was dit hoender vir my, en pasta vir Ma. Ons was te hoog om veel van Afrika te sien, maar ons het darem die Sahara woestyn bewonder. Wil defnitief nie daar verlore wees nie.
Ons het probeer uitkyk vir die Alpe, maar dit was te vêr.
Vrydag het ons stadig begin en gou vir Ma Richmond se hoofstraat en winkels gewys en ook Richmond brug wat oor die Teems rivier gaan. Die middag is ons met die trein gery na Waterloo, daar het ons op die "London Eye" gery. Dis die grootste "Ferris Wheel" in die wêreld. Ons het saam met 'n klompie ander mense in 'n gondola op die wiel die uitsig van die hele London bewonder. Jy kan Big Ben, die Parlements geboue, Westminister Abbey en Buckingham Palace sien. 
Telavilla - Our Web Home
July 31, 2002
(Sorry this one is in Afrikaans, but there are always the pictures )
Daarna is ons met 'n boot af met die rivier en het al die brûe oor die rivier bewonder, selfs ene wat net deur vroue gebou was in die 2de wêreld oorlog. Laaste was die Tower Bridge wat op al die poskaarte te siene is. Daar het ons afgeklim en na die Tower of London gegaan. Dit was eers 'n fort, en later 'n tronk waar baie mense onthoof is. Vandag huisves dit die kroon juwele. So ons kon daren 'n vinnige oog gooi op die Cullinan diamant.
Daar woon nog steeds van die beroemte "Beef-eaters' in die Tower. Hulle is van die koningin se persoonlike wagte en pas ook die juwele op.
Mr. Beefeater
Saterdag is ons na "UKkasie" en het ons 'n vertoning bygewoon van Jannie du Toit en Christa Steyn en dit was nogal in Hollands.  Daarna het ons sommer daar rondgedwaal en geluister hoe almal in Afrikaans klets. Ons het vir ML raakgeloop, maar al haar koeksisters was uit verkoop. As kompensasie het Ma vir ons tennisbeskuitjies gekoop, en later lekker melktert gebak, wat reeds op is. Die aand op pad terug het ons gou gaan kruideniers koop aangesien ons die geleende kar gehad het. Dit het beteken dat ons lekker aandete gekook het.
Sondag is ons kerk toe en daarna was dit piekniek in die park. Richmond park is lekker groot en was in die ou dae waar die koningin gejag het, vandag kan jy die bokkies bewonder want hulle is nou beskermd. Almal van die werk het 'n slaai of 'n dinge gebring en ons het 'n wedstryd krieket gespeel. Toe dit dit laatmiddag begin lyk of dit wil ree"n, is ons huis toe vir 'n potjie scrabble. Ek en Ma was 'n span en het vir Nuhraan en Ben ore aangesit. Intussen het die son weer uitgekom en ons het vir 'n laat middag stappie teen die rivier gegaan. Daarna het ons die heuwel uitgeklim, en die sonsondergang bekyk oor die weste van London. 
En Sondag aand is ons by die huis, besig om email te tik...
Maandag het ons eers lekker laat opgestaan, en het toe so teen middagete 'n boot gekry by die rivier, ons het met die boot gery na Hampton Court, waar die Tudor-koninklike familie gebly het. Ons het eers die hekke bewonder met al die goue insetsels, daarna het ons na die kombuis gaan kyk, wat maar net uit 19 kamers bestaan. Die bloed op die muur, van die geslagte bokke, het ons baie honger gemaak, so toe het ons buite in die tuin gou ons toebroodjies gaan eet. Ons het sommer ons eie broodjies ingepak. Daarna het ons na die koningin se deel van die paleis gaan kyk en toe die koning se deel. Elk het omtrent sy eie huis gehad. Ek dink hulle het mekaar net op afspraak gesien. Geen wonder Henry VIII het net een kind uit sy ses vrouens gehad.  Die koning kon kies in watter een van sy 3 slaapkamers hy wou doeks. Die koningin het net een slaapkamer, maar het weer 'n hele klomp kamers vir gaste ontvang gehad.  Daarna het ons deur die tuine gestap. Dis op die oomblik baie mooi en oral is 'n kleurvolle kaleidoskoop van allerande soorte blommetjies.  Hulle het 'n groot druiwestok binnehuis gegroei om wyn mee te maak. Die stam is so dik dit wou nie inpas in my kamera se lens. 
Daarna is ons weer terug huis toe op die boot en my arms was bloedrooi gebrand. Dit lyk nou asof my arms aan iemand anders behoort, want die res van my is so wit.
Dinsdag het ek die oggend 'n paar werk emaile gedoen en Ma het gou my gordyne gestik. So my nuwe naaimasjien kry darem bietjie oefening, Die middag het ons beluit om te gaan kyk hoe lyk die London inkopie paradys. Ons is met die "Underground" na Harrods en het sommer vir 'n meer as 'n uur daar rondgedwaal. Van allerhande uitheemse kosse, tot ontwerper meubels, daarna porselein eetstelle, kombuisgerei en toestelle en natuurlik al die ontwerper klere. Ek dink ons het dalk so 50% gesien. Ons het darem 'n lekker duur koppie koffie gedrink en groot stukke koek ge-eet, by een van die eetplekkies binne Harrods.  Ons het nog nie genoeg gehad van winkels nie, en het toe weer op die "Ondergrond" gespring, en is na Regent Straat. Langs die pad het ons eers gou gestop by "Leicester Square", hier hang al die straatvertoners uit, en ons kon ook 'n Switserse klokkespel bewonder op een van die geboue. Ons was bietjie vroeg en het dus niemand sien vuurspoeg nie.  Ons moes eers oor "Oxord en Picadilly Circus" (circus is 'n verkeers sirkel hier, wat nie rond is nie en ook nie narre het nie). Regent Straat behoort aan die koningin, so almal daar moet aan haar huur betaal. Ons het sommer net venster inkopies gedoen en al die massas mense bewonder. Ma hou veral van die met pienk hare en baie oorbelle, ooral.  Voetseer het ons vir 'n busgewag en 'n entjie in die bus gery, net om paar van die nou strate en ou geboue te bewonder. Daarna weer op die trein huis toe.
London Eye vanaf die boot
Binne die London Eye kapsule
Tower Bridge
Die ingang van Hampton Court
(Kliek om groot te sien... en vir Ma wat voor staan)
Nog tuine by Hampton Court
Die snoeiskêr kunswerk “Long live the Queen”
Die tuine by Hampton Court
 
Laf wees of Leichester Square